NewsSchool sportSchoolsSportUpdate

Derde Noordvaal-wen vir Nories se eerstes

Hoërskool Noordheuwel se seunshokkie-eerstespan het die Noordvaal-trofee vir die derde keer gevat.

Met 11 spelers wat saam staan en een doelwit najaag, gaan daar beslis vrugte gepluk word.

Die seunshokkie-eerstespan van Hoërskool Noordheuwel het by die onlangse Noordvaal-kompetisie beslis die vrugte van hul harde oefening gepluk. Hulle het Hoërskool Menlopark in die finaal 1-0 gewen.

Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Nories se eerstes hierdie toernooi wen.

Volgens hul afrigter, Nick Gonsalves, wat ook ’n speler en algemene bestuurder by Dita Hockey Suid-Afrika is, is die sleutel tot die span se sukses hul bereidwilligheid om te luister en te leer.

“Hulle het elkeen dieslefde doelwit waarna hulle nastreef,” het hy gesê.

“Hulle ag die sukses van die span belangriker as hul eie individuele sukses.”

Nog artikels waarin jy sal belangstel:

• Nories palm Noordvaal-trofeë in

• Nories-sege in Noordvaal hokkietoernooi

Back to top button