Dis Burgershoop, nie ‘Blikkies’

Waarom Blikkies en nie Burgershoop nie?

Almal herken die naam Blikkies, maar hoekom staan Burgershoop só bekend en hoe voel sy inwoners daaroor?

Janet du Plooy, wat ‘n doktorsgraad in Geskiedenis aan die Noordwes-Universiteit studeer het, het haar tesis oor Krugersdorp se geskiedenis geskryf en sy het die News vertel waar die naam ‘Blikkies’ vandaan kom.

“Burgershoop, ‘n plek waar daar nuwe hoop vir burgers geskep is na die runderpes Krugersdorp se boere getref het, is in 1896 gevestig,” het Janet vertel.

“Die inwoners het huise uit klei, hout en sink gebou.”

Die naam ‘Blikkies’ het hier, as gevolg van die sink waaruit die huise gebou is, ontstaan.

Dit was ‘n goedkoop en ook oorspronklike manier van huise bou. Janet meen daar is net twee sulke huise in Krugersdorp oor is. Albei kom in die middedorp voor met een net langs die krapwinkel op die hoek van President- en Rissikstraat.

In die 1940’s na die groot depressie en die Tweede Wêreldoorlog, is Appelperk as ‘n gemeenskapsprojek gebou om weereens ‘n nuwe en beter lewe vir inwoners te kan skep.

Historikus, Janet du Plooy, vertel hoe Blikkies hierdie noemnaam gekry het.

Vandag staan hierdie area steeds as ‘Blikkies’ bekend.

Maar hoe voel die inwoners van Burgershoop en Appelpark daaroor?

“Ons gee nie om nie. Maar die naam is Burgershoop, nie ‘Blikkies’ nie,” het Lynette Muller wat al 11 jaar in Burgershoop bly, vertel.

Lynette en haar man, Chris, voel dat om ‘n noemnaam vir ‘n plek te hê nie die probleem is nie, maar wel die negatiewe konnotasie wat soms daaraan geheg is. En volgens hulle, voel meeste van die inwoners dieslfde. Daar is altyd ‘n verskeidenheid van mense wat in een area bly, maar nie een se storie is dieselfde nie, het Lynette verder vertel.

Vertel die News van die konnotasies wat daar gemaak is met die area waarin jy woon en hoe dit jou affekteer deur kommentaar onder te los.

Verwante artikels:

• Begraafplaas-‘opsigters’ spook teen uitsetting

• Gemeenskapsentrum vuurwarm vir winter

• Oorloghelde met papawers herdenk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version