Maak só jou tuin gereed vir die lente

'n Tuinkundige vertel hoe jy jou tuin weer kan opkikker na winter.

Lente bring nuwe lewe in tuine.

JJ van Rensburg, Garden World se tuinkundige wat al 21 jaar in die bedryf is, het raad aan Krugersdorp se tuinmakers gegee oor hoe om hul tuine gereed te kry vir die warmer – en meer kleurvolle – seisoene.

“Dit is nou die tyd om meer kompos in jou beddings in te werk,” het JJ gesê.

“Werk dit met ’n graaf in jou beddings in, maar wees versigtig om nie te naby aan die wortels te spit nie.”

JJ meen ’n groener tuin moet ’n komposmengsel van 3:2:1 of 7:1:3 kry. Vir ’n tuin met blomme en rose, gebruik ’n 3:1:5 mengsel.

• Het jy geweet hierdie verhoudings dui aan hoeveel stikstof, fosfor en kalium in die kompos is? Stikstof bevorder blaargroei en kleur, terwyl fosfor wortelvorming, en kalium blom- en vrugvorming bevorder.

Dit is ook ’n goeie idee om ekstra water vir jou tuin te gee. JJ het gesê die beste tyd om water te gee is vroegoggend of laatmiddag.

“As jy in die middag water spuit, verdamp die water net weer, veral soos wat die dae warmer raak.”

• Het jy geweet dit is beter om jou tuin elke derde dag behoorlik nat te spuit? Klein hoeveelhede water op ‘n daaglikse basis verdamp te vinnig.

As jy jou tuin ’n bietjie meer kleur wil gee hierdie seisoen, is dit nóú die tyd om somer saailinge te plant.

Verwante artikels:

Skud die winter van jou tuin af

• Tuinguru stel wenkeboek vry

• Gardening guru visits Lecobi

Exit mobile version