Pastoor met ‘n hart van goud

Die pastoor met 'n rowwe verlede is hier om te bly – tatoes en al.

Nie alle pastore dra ‘n formele pak klere wanneer hulle preek nie; party doen dit in jeans en tekkies.

Pastoor Jakes Joubert val in laasgenoemde kategorie.

Hy is ‘n gemeenskapsleier met ‘n “rowwe verlede” wat sy gemeente se belange op die hart dra.

“Mense maak makliker oop as jy gemaklik voorkom,” vertel hierdie gesoute “Wessies Piet” (soos hy homself noem).

Pastoor Jakes Joubert het drie doktorsgrade agter sy naam.

“Ek het hier grootgeword, met geen vooruitsigte in die lewe nie, nes baie ander mense. Ons het almal gedink ons lewe is beperk. Die wêreld was nooit groter as Krugersdorp-Wes nie.”

Vir Jakes is die dwelmprobleem in Krugersdorp ‘n prioriteit. Hy was self ‘n alkoholis voordat hy 13 jaar gelede tot bekering gekom het.

Sy seun het ook vir vier jaar lank dwelms misbruik, maar hy is nou al twee jaar skoon.

Lees ook:

[SOUNDCLIP] ‘I got my girls back’

Looking for an Easter of hope?

[VIDEO] ‘n Oplossing vir die bedelprobleem?

“Mense, veral jong dames en seuns, moet weet hulle kan hul eie toekoms bou. Hulle huidige lewe is nie die enigste opsie wat hulle het nie.”

Elke Sondagoggend bedien Jakes die Woord by Tjokkertjies vir Jesus kleuterskool met die hoop dat hy iemand wat in ‘n lewenskrisis verkeer, kan bereik en help. His Life Ministries, die bediening wat Jakes al vir agt jaar lei, se doel is om te help waar daar werklik hulp nodig is.

Hy is nog altyd gelei om met kinders te werk en as ‘n vaderfiguur vir hulle op te tree. Hy werk ook vir The Cradle of Hope.

Met drie doktorsgrade in teologiese studie aan Therapon Universiteit agter sy naam, geregistreer as ‘n Christelike berader en ‘n professor in Teologie, gaan Jakes nog die wêreld verander – al verander hy net die wêreld vir een persoon.

Kontak pastoor Jakes by 083 260 9226 vir advies of gratis berading. Jy kan hom ook deur die week by sy kantoor by Tjokkertjies vir Jesus kleuterskool gaan spreek.

 

Exit mobile version