[FOTO’s] Monnas Idols vat vlam op die verhoog

Monnas se eerste Idols was 'n reuse sukses.

Monnas is trots die groot sukses van hul eerste Idols-kompetisie wat met styl aangebied is, en propvol talent was.

Dylan Cade van Wyk sing Cry me a river.

Na groot voorbereiding en spanning, is Hoërskool Monument se Idols-kompetisie in Key West inkopiesentrum se amfiteater Donderdagaand (26 Augustus) aangebied.

Met Henry van Dyk, Candy Benson en Wim van Vliet as beoordelaars, het die 12 finaliste hul harte uit gesing.

Candy Benson.

“Die wenner het ’n kontantprys, koopbewyse en ander blootstellingsgeleentehede gewen,” vertel Eben Vermaas, Monnas se bemarkingsbestuurder.

“Shané Fraenkel was die eersteplekwenner en het ook ’n jaar se fliekbewyse by Nu Metro gekry.”

Laura Marshall het tweede plek gevat en Dylan Cade van Wyk derde plek.

Die wenner, Shané Fraenkel sing Christina Aguilera se Mercy on me.

Familielede, vriende en mede-Monumentare het die geleentheid bygewoon ter ondersteuning van die deelnemers.

Met goeie musiek, talentvolle Monumentare en ondersteunende toeskouers, word daar hopelik volgende jaar weer so gemaak.

Vir meer foto’s van hierdie spogaand, kliek hier.

Verwante artikels:

[VIDEO] Monnas onthou TT Cloete

[PHOTOS] Monnas not just about rugby – they paint too

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version