Monnas se ruiters gallop na die top

Monnas spog met hul Gauteng-Wes span ruiters.

Hoërskool Monument se ruiters het eers onlangs aan die gewilde sport begin deelneem en het klaar na hoër hoogtes gespring.

Die nuwe span het onlangs as wenners van hulle kategorie vir hoërskole by die South African National Equidistant School Association Gauteng-Wes kompetisie, wat verlede kwartaal plaasgevind het, weggestap.

Die span het ook die meeste punte val al die skole verwerf maar het ongelukkig nie ‘n prys daarvoor ontvang nie.

Alannah Grobler, Chane Johannes, Danielle Brink, Edward King, Emma Witthuhm, Jean-Marie Carstens, Liandri le Loux, Malanda Steyn, Megan Banfield, Natasha Joubert en Reece de Mondonca is die talentvolle leerlinge wat die wenspan opmaak.

Danielle Brink was aangewys as die top ruiter in die Dresage kategorie en Edward King het tweede plek geneem vir die bester ruiter in die spring kategorie.

Malanda Steyn het derde plek geneem vir die best ruiter in die werk jagter kategorie.

Onder die top 10 ruiters van die hoërskole het Jean-Marie Carstens 10de plek behaal en Danielle Brink die vyfde plek.

“Ons is baie trots op al ons ruiters wat gekwalifiseer het vir die Gauteng-Wes span wat aan die Inter-provinsiale kompetisie sal plaasvind van 8 tot 10 Augustus,” sê Eben Vermaas, bemarkingsskakel vir Hoërskool Monument.

Verwante artikels:

Local equestrians ride their way to regionals

Brittney and her steed a winning team

Top scores for school’s equestrian team

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version