Community galleriesGalleriesLocal newsNews

[FOTO’S] Kameraklub kondig wenners aan

Krugersdorp se kameraklub kondig Julie se beste foto's aan.

Tydens die klubbyeenkoms van Krugersdorp Kameraklub op 16 Julie was daar 92 foto’s vir beoordeling ingeskryf.

“Soos gewoonlik was die kompetisie straf en was die inskrywings van hoogstaande gehalte,” vertel klublid Braam de Klerk.

Die Junior inskrywing wat met die loure weggestap het was ‘n foto van Hennie von Benecke getiteld ‘Saad Skiet’. Die foto is met ‘n makro lens geneem en die fyn detail en skerpte van die foto is uitstaande.

Die Senior inskrywing wat aangedui is as die wenfoto was ‘n inskrywing genaamd ‘Scarlet Tipped Butterfly’ deur Braam.

Die voorgeskrewe onderwerp vir die byeenkoms was om ‘n kort veld diepte te bereik – die onderwerp in die foto baie skerp en in fokus moet wees en dat die agtergrond uit fokus moet wees.

Die volgende klubbyeenkoms is op Donderdagaand 20 Augustus om 7nm in die Golden Age Village Saal in Hamiltonweg, Luipaardsvlei.

“Alle belangstellendes en besoekers is altyd baie welkom. Ons is altyd opsoek na vars nuwe idees,” het Cobus Eksteen, die klub se voorsitter, gesê.

Verwante artikels:

[VIDEO] Sien die goeie in almal – nes hy

Passie vir foto’s vloei in sy are

Back to top button