Local newsNewsSchools

[VIDEO] Monnas onthou TT Cloete

TT Cloete se dood word ook deur sy alma mater berou.

Die bekende Afrikaanse digter TT Cloete is Woensdag, 29 Julie op die ouderdom van 91 weens natuurlike oorsake oorlede.

Hoërskool Monument, behoue aan hul tradisie, het vanoggend, 31 Julie hulde gebring aan die oud-Monumentaar deur die tradisionele goue klok by die monument op die skoolgrond te lui in al huidige 1 500 Monumentare se verteenwoordigheid.

Esté Pienaar vertel Monumentare van TT Cloete se lewe na hy sy skoolloopbaan by Monnas voltooi het.
Esté Pienaar vertel Monumentare van TT Cloete se lewe na hy sy skoolloopbaan by Monnas voltooi het.

Theunis Theodorus Cloete het in 1941 aan Hoërskool Monument gematrikuleer. Esté Pienaar, drama onderwyseres en personeellid by Monnas vir meer as 35 jaar, het vertel hoe Cloete nes elke Monumentaar vanoggend, ook op die terasse gesit het.

“Hy het hom op soveel terreine onderskei dat daar nou met sy dood landswye rimpelings veroorsaak word,” sê sy.

Cloete was ‘n digter, filosoof en letterkundige wat meningte toekennings vir sy werke ontvang het. Hy het tussen 1980 en 2002, onder meer, die Hertzog-prys vir poësie, Jonker-prys, Louis Luyt-prys en die Rapportryers-prys vir poësie ontvang.

Hoofseun Len Massyn en hoofdogter Hanli Etsebeth het die klok ter ere van TT Cloete se tyd by Monnas, gelui.
Hoofseun Len Massyn en hoofdogter Hanli Etsebeth het die klok ter ere van TT Cloete se tyd by Monnas, gelui.

“Hy het tot ‘n maand gelede nog in Krugersdorp gesê ‘een maal ‘n Monumentaar, altyd ‘n Monumentaar’.”

Juffrou Esté meen Cloete se nalatenskap sal altyd deur Monnas gekoester word.

Die terrasse voor Monnas se Gedenksaal soos dit elke Vrydagoggend lyk.
Die terrasse voor Monnas se Gedenksaal soos dit elke Vrydagoggend lyk.

Verwante artikels:

• Toer gaan voort ten spyte van teleurstelling

• Mini-hokkie sukses by Monnas

• Monnas seëvier op kultuurgebied

Back to top button