Local newsNews

[VIDEO] Sien die goeie in almal – nes hy

Marcell sien die goed in elkeen raak. Leer die man ken agter See What I See.

Die tuinier, handewerker, huishulp – elkeen het ’n storie, en Marcell Erasmus wil dit vertel.

Die afgelope drie maande loop Marcell Johannesburg plat op soek na unieke stories van alledaagse mense. Hy glo hy gaan die wêreld ’n beter plek maak met sy stories.

“Ek wil mense se denkwyses verander sodat ons mekaar met respek en waardigheid kan behandel. Ek vang die stories vas van petroljoggies, bediendes en haweloses. Hierdie mense sal in ’n nuwe lig gesien word wanneer hul stories gelees word. As mense mekaar beter verstaan, sal daar ’n beter verhouding tussen verskillende soorte mense onstaan,” het hy gesê.

Die 34-jarige is nie net ’n ywerige storieverteller nie, hy neem ook foto’s wat ’n duisend woorde spreek.

Nadat hy vir jare lank in die gasvryheidsindustrie en nege jaar in Engeland gewerk het, is hy terug in Suid-Afrika om sy droom na te jaag.

Marcell voel Suid-Afrika het meer mense nodig wat regtig hier wil wees.

Ja, dit was uiters moeilik om uit my gemaksone te beweeg, maar ek het volle vertroue dat dit nie vir niks was nie.”

Marcell se stories kan op sy webtuiste, See What I See (https://www.seewhatisee.co.za/blog/calendar/2015/6/) gelees word. Sy passie vir sy medemens is duidelik deur die wyse waarop hy hierdie stories skryf.

Wees op die uitkyk vir hierdie goue siel, hy mag dalk net jou nader vir jou lewensverhaal.

Marcell Erasmus praat met twee inwoners en verduidelik aan hulle hoe hy hulle stories wil hoor en vertel.
Marcell Erasmus praat met twee inwoners en verduidelik aan hulle hoe hy hulle stories wil hoor en vertel.

Back to top button