Seun herstel na ‘n goor ervaring by hospitaal

Zander se wond herstel nou vinnig nadat sy ma korrekte medikasie gegee is.

“Hy herstel nou, maar dis nie te danke aan Leratong Hospitaal nie.”

Tanya Oosthuizen is steeds omgekrap oor die behandeling wat haar 10-jarige seun, Zander by Leratong Hospitaal ontvang het na sy blindederm verwyder is. Zander se wond het na die operasie oopgetrek en Tanya het hom toe terug hospitaal toe geneem. Sy moes self by Ongevalle ’n pleister soek vir haar seun se wond.

Drie dae later, is die wond weer tydens ’n roetine ondersoek oopgetrek.

Tanya Oosthuizen maak Zander se wond gereeld skoon.

“Die dokter by die chirurgiese afdeling het gesê sy wond is septies en het toe ’n apparaat teen die wond gedruk. Dis toe dat hy weer ooptrek. Zander is toe aangemoedig om skool toe te gaan,” vertel Tanya.

Maar Zander se skoolhoof het Tanya aangeraai om hom nie met ’n oop wond skool toe te stuur nie.

By ’n privaat kliniek is Tanya toe vertel om die wond met ’n antiseptiese sprei te behandel.

“Hoekom kon Leratong nie net vir my sê watter medikasie om te gebruik nie? Hulle het ons nie eens ’n voorskrif gegee nie. Ek het blykaar behandeling geweier, maar ek kon nie my kind langer in daardie hospitaal los nie.”

Zander sal volgende week weer skool toe gaan. Hy hoop geen ander kind hoef ooit dieselfde ondervinding te ervaar nie.

’n Klag is by Leratong Hospitaal ingedien. Nog geen kommentaar van Fikile Oyekanmi, Leratong Hospitaal woordvoerder, ontvang nie.

Verwante artikels:

‘Hospitaal maak my siek’

Mother and baby die due to lack of oxygen

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version