Local newsMandela DayNews

Stappie na groot verrassing

Vrywilligers het sommer Fora se woefies laat stap na die groot donasie ter waarde van R55 000.

President Hyper het tydens onlangse Mandela Dag vieringe ook hul helpende hand uitgereik na Friends of Rescued Animals (Fora) deur goedere ter waarde van R55 000 aan die organisasie te skenk.

‘n Kragopwekker, industrïele bossiesnyer en selfs kospakkies aan Fora se voltydse werkers was deel van die vele donasies wat gemaak is.

Linda Scrace, Fora se bestuurderes, was in haar noppies oor die groot geskenk.

“Dit is werklik ‘n groot hulp en sal ons werklading bietjie verminder sodat ons meer tyd saam met die diere kan deurbring.”

Die Administrasie Departement by President Hyper werk al ses maande daaraan om hierdie donasie moontlik te maak. Christa Rossouw, ‘n adminsistrasiedame, het saam met die ander President Hyper werkers en hul familielede die honde gevat vir ‘n stappie om Fora se gronde.

“Die ander winkels in President Square het ook ‘n bydrae gemaak. Dit voel goed om ‘n verskil te kan maak,” vertel sy.

Patrick Nazombe werk al van 2008 vir Fora en glo die pakkies wat hulle gekry het, wat uit handskoene, rubberstewels en selfs ‘n kospakkies, gaan die werk ook nou makliker maak.

Linda moedig díe wat graag by Fora vrywillige werk wil doen, om die honde vir ‘n stappie te vat. Die loopband en looparea word klaar voorsien.

Om nog foto’s van die geleentheid te sien, kliek hier.

Verwante artikels:

• President Hyper gives back this Madiba Day

• Take home some love from Fora

• Koop ‘n stukkie herinnering by Fora se winkel

Back to top button