Totsiens aan ’n legende

Kroegkliënte, vriende en familie rou na Spurge se dood.

Eienaar van Champions Sportkroeg en bekende persoonlikheid van Krugersdorp het dié week sy laaste asem uitgeblaas.

Spurgeon de Wit, beter bekend as Spurge, is op die ouderdom van 44 oorlede aan ’n lewersiekte.

Sy vrou Nicolette, bekend as Nicky, het aan die News vertel hy het verlede jaar ’n gesondheidskrik gehad en was in die hospitaal opgeneem.

“Dit was ’n groot skok vir my, want hy het eintlik goed herstel,” het Nicky verduidelik.

Die paartjie was sowat agt jaar saam, was twee jaar getroud en het geen kinders.

Spurge het ook sy motorfietsbaltjies vier maande gelede opgehang nadat hy ’n geruime tyd aan klubs soos die Red Heart Riders Juniors, Naked Men en Jeepers Creepers behoort het.

’n Fondsinsameling sal by die kroeg vandag, 17 Julie gehou word vir Spurge se begrafnis.

“Ons het nêrens gekom waar iemand hom nie geken het nie. Ons het selfs eendag in ’n kroeg in Margate gekuier waar hy ’n ou pel raakgeloop het,” het ’n gebroke Nicky vertel.

Spurge se begrafnis sal Woensdag 22 Julie by die West Rand Bikers Church in Krugersdorp om 12nm plaasvind. Die diens sal met die tradisionele laaste rit afgesluit word.

Verwante artikels:

• Bikers invited to join ride along for Yolandie

• Bikers have a jol for charity

• Bikers show some heart

• Bikers bederf gemeenskap se kinders

Exit mobile version