OTM-kulkunstenaars slaan weer toe

Die OTM-kulkunstenaars se nuutste slagoffers vertel hoe hulle besteel is.

‘n Bejaarde egpaar is van die nuutste slagoffers van OTM-kulkunstenaars wat tans in Krugersdorp en Roodepoort bedrywig is.

Marie Long en haar man is moontlik deur dieselfde diewe geteiken wat twee ander vroue besteel het.

Op 29 Junie wou Long en haar man geld onttrek by die Standard Bank OTM by die Rant-en-Dal inkopiesentrum.

Long het vertel hoe haar man agter die kulkunstenaar in die ry by die OTM gestaan het en niks verdag opgemerk het nie. Dit was omstreeks 3nm.

“Dit was vinniger as ‘n oogwink,” verduidelik Long.

Verwante artikels:

• Another victim identifies ATM scamsters

• [VIDEO] Salary stolen in three minutes at ATM

• [SOUND] ATM scamsters strike again

• Women are targeted at ATMs

Toe dit haar man se beurt was om geld te onttrek, was die kulkunstenaar skielik weer daar om hom te ‘waarsku’ dat dit moeilik is om die masjien te gebruik.

Die volgende oomblik druk die persoon ‘n knoppie op die masjien en verdwyn vinnig.

Long se man neem toe aan dat die masjien sy kaart gesluk het omdat daar ‘n “voeg kaart”-boodskap op die skerm verskyn het.

Die paartjie is dadelik na hulle bank in Key West-winkelsentrum om die kaart te gaan kanselleer.

Op pad soontoe het Long ‘n sms-boodskap ontvang wat haar in kennis gestel het dat daar pas R2 000 uit die rekening onttrek is.

Binne sowat 15 minute na die insident by die OTM het die kulkunstenaars daarin geslaag om nog ‘n slagoffer te besteel.

‘n Kennis van Long was ook ‘n slagoffer van so ‘n skelmstreek en is die vorige week op presies dieselfde manier by dieselfde OTM bedrieg.

Inwoners van Krugersdorp word weereens gewaarsku teen die kulkunstenaars wat OTM-gebruikers teiken.

Nog leesstof hier:

• Don’t fall prey to this ATM scam

• ATM bombed in Krugersdorp

• ATM bombing suspects still at large

Exit mobile version