Toer gaan voort ten spyte van teleurstelling

'n Reisagent kruip na bewering steeds weg nadat sy glo Monnas-leerlinge se toergeld verduister het.

Dertig leerlinge van Hoërskool Monument het veilig in Ierland gearriveer ten spyte daarvan dat hul Europese toer byna nie plaasgevind het nie.

Leerlinge en ouers van Monnas se Europa-toergroep was Donderdag 25 Junie diep teleurgesteld toe hulle uitvind dat die vlugkaartjies wat hulle na bewering van Elize Raath van Elize and Elize Travels ontvang het, vervals is.

Lees die aanvanklike artikel hier: Reisagent verdwyn glo met skoolkinders se toergeld

Sommige leerlinge en ouers was reeds op OR Tambo Internasionale Lughawe toe hulle uitvind dat die toer nie meer gaan plaasvind as gevolg van Raath se vermeende kullery nie.

Ouers moes sowat R30 000 per leerling vir die uitstappie opdok.

‘n Noodvergadering is daardie aand by die skool gehou om die situasie te bespreek waartydens ‘n barmhartige Samaritaan aangebied het om vir die kinders se toer te betaal, mits hulle ‘n paar voorwaardes nakom.

Intussen het die News uitgevind dat die potensiële weldoener, wat anoniem wil bly, se aanbod van die hand gewys is op grond van die voorwaardes wat gestel is.

‘n Ouer het aan die News bevestig dat Raath se man reeds R150 000 aan die skool terugbetaal het en beloof het om die res van die geld later vandag oor te betaal.

Ouers van skool het besluit om die uitstaande gelde vir die vliegkaartjies  te betaal totdat Raath die geld terugbetaal.

Volgens gerugte kon Raath weens ‘n senu-ineenstorting verlede Vrydag nie vir kommentaar bereik word nie. In ander gerugte word beweer dat dit ‘n wolhaarstorie is en dat sy Nelspruit toe gevlug het.

Carlene Rautenbach, ma van Bianca Rautenbach wat tans op die toer is, het bevestig dat die groep veilig geland het en hulself gate uit geniet.

“Die leerlinge is baie dankbaar en opgewonde oor die avontuur,” het Rautenbach vertel nadat sy vroeër vanoggend met haar dogter gesels het.

Die toergroep se volgende bestemming is Spanje.

‘n Saak van bedrog en diefstal is by die Krugersdorp Polisie geopen.

Verwante artikels:

• Reisagent verdwyn glo met skoolkinders se toergeld

• Mini-hokkie sukses by Monnas

• Sweets, sweets and more sweets

Exit mobile version