Impala gimnaste ryg toekennings in

Dit is al die soveelste jaar wat Impala Gimnastiekklub se gimnaste met pryse beloon word.

Vier gimnaste en ‘n afrigter van die Impala Gimnastiekklub het hulle klub onlangs baie trots gemaak tydens die Sentraal-Gauteng se Jaarlikse Prysuitdeling in Johannesburg.

Tianette Wessels (mini-trampolien), Heinrich Greyling (blacktop), Daniel Coetzee (mini-trampolien) en Wessel Nienaber (vlak 3) het onderskeidellik die beste vir trampolien en artistiese gimnastiek gevaar in hulle onderskeie afdelings.

Linda Coetzer is ook as die afrigter van die jaar aangewys, wat dit die 14de keer maak wat hierdie eer haar te beurt val.

Louise Gardner, ‘n afrigter het gesê hulle is baie trots op hulle gimnaste.

“Dit is al vir die soveelste jaar wat ons gimnaste tydens hierdie prysuitdeling vereer word.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version