Kersgeskenke met ‘n glimlag

Absa het die La Reynette Bejaardesorgsentrum met Kersgeskenke bederf.

Elf bejaardes van die La Reynette Bejaardesorgsentrum is deur Absa se Voertuig- en Batefinansieringstak met Kersgeskenke bederf.

Sanet Ferreira, die persoonlike assistent van Blackie Swart (Absa se Voertuig- en Batefinansiering Streekbestuurder) het gesê Absa loods kwartaalliks ‘n projek wat deel vorm van die maatskappy se Korporatiewe Sosiale Belegging waarvan hierdie een is.

Sanet Ferreira en Blackie Swart van Absa se Voertuig- en Batefinansieringstak is hier saam met La Reynette Bejaardesorgsentrum se stigter Reinetta Ridley.

“Ons soek elke kwartaal instansies en behoeftiges aan wie ons ondersteuning kan bied.”

Verversings is ook aan elkeen van die bejaardes beskikbaar gemaak.

Gys Booysen ontvang hier ‘n Kersgeskenk van Blackie Swart (Absa se Voertuig- en Batefinansiering Streekbestuurder).

Blackie het gesê as ‘n gemeenskap hande vat kan daar meer vir die gemeenskap gedoen word.

Tienke Bosher van die bejaardesorgsentrum het gesê hulle is baie dankbaar vir Absa se uitreik.

Sanet bedank graag al Absa se personeel, dr Charl Venter en sy personeel, asook verskeie ander individue en die Protearif Gastehuis.

Exit mobile version