Bedelaar bêre dwelms onder sy bed

Bedelaars sweer hoog en laag hulle gebruik nie dwelms nie maar kort daarna braai hulle kierangs.

‘n Groep bedelaars het byna pad gevat toe die news besluit om by hul ‘nuwe’ woning in Luipaardstraat in te loer.

As deel van die maandelikse opruimingstaak wat lede van die Krugersdorpse polisie, Mogale City Verkeersafdeling en die Gemeenskapspolisiëringforum van Sektor 4 in die dorp verrig, is dié bouvallige huis in Luipaardstraat besoek.

Die vier bedelaars, wat al bekende gesigte in die dorp geword het, het die ongewenste besoekers teen hulle sin binne genooi.

Die twee bedelaars wat gewoonlik bedags by die verkeersligte in Voortrekkerweg en Van Oordstraat bedel, het die news ‘n rat voor die oë probeer draai toe hulle gevra is of hulle dwelms misbruik.

“Nee tannie,” het die man geantwoord.

Die verkeersbeampte op die toneel het die bedelaar beveel om sy bed op te lig, waaronder hy twee borde weggesteek het.

Die news-joernalis het een van die borde opgetel en toe sy met haar vinger daaroor vee, het sy die wit poeier gewaar.

Die bedelaar het homself dadelik begin verdedig en die blaam op die een wat buite in die rolstoel sit, geplaas. Dié rolstoelbedelaar was skoonveld toe die news buite toe gaan om hom te konfronteer.

Alhoewel daar nie vasgestel kon word aan wie die poeier, wat as Cat bekend staan, behoort nie is dit in die kamer gekry waar die vier bedelaars vermoedelik woon.

Verwante artikel:

• Prostitute and pimp caught red-handed

Exit mobile version