Kragmeters kom terug

Die inwoners van West Village sal binnekort weer hulle voorafbetaalde kragmeters terughê.

Die inwoners van West Village sê hulle sal nou snags beter kan slaap omdat hulle kragnagmerrie moontlik op ‘n end is.

Inwoners John Barnardt en Selvin Pillay het Maandag 13 November met Chris Grobler, eienaar van West Rand Power Distributors (WRPD) vergader om aan die news te bevestig dat die voorafbetaalde kragmeters weer vir die inwoners wat dit wil terughê geïnstalleer gaan word.

Barnardt sê dat Grobler uit sy pad gegaan het om seker te maak dat dit gaan gebeur.

“Nadat ons tevore met hom vergader het om ons probleem aaan hom te verduidelik, het hy die situasie baie professioneel hanteer. Hy  het boonop besluit het om met die sukkelende huishoudings te onderhandel en sodoende te verhoed dat hulle krag gesny word as gevolg van agterstallige rekeninge.”

Hy het ook aangedui dat hy gaan help om sekuriteit op te skerp in die area wat die afgelope paar jaar hewig onder misdaad deurgeloop het as gevolg van straatligte wat nie werk nie.

Tweerigtingradio’s sal vir hierdie doeleindes aangekoop word en vir die gemeenskap se eie buurtwag gegee word wat hulle wil stig.

Daar is verduidelik dat die nuwe kragmeters peuterbestand sal wees.

“Ons het reeds 110 meters bestel wat ons in huishoudings sal installeer wat dit die nodigste het. Sodra ons tevrede is dat dit goed werk sal ons dit in die ander huise installeer.”

Pillay sê die gemeenskap is tevrede met hierdie besluit en is bly die probleem is uiteindelik opgelos.

• WRPD het in Maart vanjaar die voorafbetaalde kragmeters met gewone meters vervang waarna inwoners skielik hoë kragrekeninge begin ontvang het.

Verwante artikels:

• Mogale City kan nie help, sê DA

• Meters gaan bly al kla inwoners

• Video: EFF wil glo inwoners help

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version