Bergfietswedren vir fondsinsameling

Die 19-jarige Henry Uys het die tawwe wedren gewen met 'n tyd van twee ure, 44 minute en 22 sekondes.

Die NG Kerk Randfontein-Noord het onlangs ‘n bergfietswedren aangebied ten bate van hulle verskeie gemeenskapsprojekte.

Die wedren het by die Magalies Sleepy River-oord afgeskop en sowat 192 bergfietsryers het deelgeneem.

Die kerk se verskaffers soos Meadow Feeds, Re/MAX, Autozone en Nature Bound het vir fantastiese pryse vir die wenners gesorg.

Fietsryers maak gereed vir die wegspring.

Toyota het ook ‘n prys aan die kerk geborg – ‘n spoggerige bergfiets wat deur ‘n Randfontein High-leerling gewen is. Dié leerling was besonders bly om die fiets te wen aangesien sy fiets ‘n week van tevore gesteel is.

Meadows het ook ‘n fiets geborg wat die kerk as ‘n prys vir hulle lootjieverkope gebruik het.

R5 000 van die fondse wat die kerk ingesamel het gaan aan die Choc (Children with Childhood Cancer) en die res sal vir die kerk se gemeenskapsprojekte aangewend word.

Ongeveer 192 fietsryers het aan die tawwe bergfietswedren deelgeneem.

Tydens die dag se verrigtinge het die plaaslike sangeres Tanya V die gehoor bekoor.

Die 19-jarige Henry Uys het die tawwe wedren gewen met ‘n tyd van twee ure, 44 minute en 22 sekondes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version