Juweelwinkel by winkelsentrum beroof

'n Juweelwinkel in 'n winkelsentrum is deur 10 gewapende mans beroof.

Ongeveer 10 gewapende mans het ‘n bekende juweelwinkel in Cradlestone Mall beroof.

Twee mans, glo gewapen met AK47’s het die winkel gisteroggend (15 Junie) ongeveer 9.30vm binne gestorm en die personeel aangehou terwyl die ander die winkel plunder.

Twee skote is glo ook tydens die rooftog geskiet.

Polisie woordvoerder Kaptein Tsekiso Mofokeng het genoem dat polisie tans na die verdagtes soek en ‘n mannejag is geloots.

Die rooftog het kort voor bekende sanger en akteur Izak Davel se Vadersdag vertoning plaasgevind.

Talle het die gebeurtenis op die sosiale media platform twitter vertel.

Dit is nog nie seker hoeveel randse waarde die juwele is nie.

Die verdagtes het die toneel in ‘n grys Mercedes-Benz en silwer BMW gevlug.

Exit mobile version