MunicipalNews

Nóg ‘n oop gat wag vir slagoffer

Seun wie se karatetoekoms amper gekelder is, wys nog 'n oop gat uit.

‘n Seun wie se karatetoekoms amper gekelder is toe hy in ‘n oop gat geval het, het aan die NUUS nóg ‘n oop gat uitgewys.

Dié gat is langs ‘n openbare park in Van Oordtstraat in Noordheuwel geleë en Kobus Myburgh (16) wat op 19 Maart sowat twee meter ver in ‘n ander gat van een-vierkantemeter geval het, sê dat dit ook al vir ‘n geruime tyd oop is.

“Nes die gat in Shannonweg waarin ek geval het toe ek agteruit gehardloop het om te kyk waarmee my vriende besig is tydens  hokkieoefening, is hierdie gat ook al lank sonder ‘n deksel.”

Die plantasie wat om die gat gegroei het, is ‘n bewys hiervan omdat die NUUS self heelwat daarvan moes verwyder om ‘n foto daarvan te kon neem.

Van nadere ondersoek blyk dit of die gat moontlik nie aan die munisipaliteit behoort nie, maar eerder aan ‘n kommunikasiediensverskaffer.

Kobus sê hy dink dat hierdie gat, omdat dit in so ‘n bosbedekte area versteek is, moontlik die perfekte wegkruipkans vir misdadigers in die area dien.

Verwante artikel:

• Oop gat kelder amper seun se karatetoekoms

Back to top button