Local newsNews

VIDEO: Vloedwater beskadig Monument se rugbyveld

Alternatiewe planne moet gemaak word om leerlinge vir die atletiekseisoen voor te berei.

Met die toestemming van die Gauteng Onderwysdepartement is leerlinge van Hoërskool Monument vir hulle eie veiligheid huistoe gestuur nadat dié skool vanoggend 31 Januarie oorspoel het.

Die Graad 8-leerlinge sou ‘n ryke tradisie voortgesit het om deur ‘n hekkie op die skool se perseel te stap om die begin van hulle skoolloopbaan aan te dui, maar wat tot ‘n ander datum uitgestel is.

Rinus de Jager, skoolwoordvoerder van Monument sê die skool het groot skade opgedoen as gevolg van die vloedwaters en moes die leerlinge dus huistoe stuur omdat dit hulle wisselrooster geaffekteer het.

“Ons weet nog nie heeltemal wat die omvang van die skade is nie. Vier klaskamers, die netbalbane sowel as die hokkieklubhuis was onder water. Die losies en braai areas is ook beskadig”

Die netbalbane van Hoërskool Monument is onder water.
Die netbalbane van Hoërskool Monument is onder water.

Met die NUUS se besoek aan die skool is daar opgemerk dat die Ras van Rooyen rugbyveld, wat ook as die atletiekveld dien, tydens die oorstromings beskadig is.

Die skool se atletiek fasilitiete soos die hekkies is onder die water meegesleur en daar het klippe en glasbottels oral op die grasperk van die rugbyveld gelê.

De Jager sê dit noop hulle nou om alternatiewe reëlings vir hulle atlete te soek.

Skade is aan die rugbyveld van Hoërskool Monument aangerig nadat vloedwater hier oorspoel het. Richardt Smit (16), Chalden du Toit (17), Marc Joseph (15) en Justin Joseph (18), almal leerlinge, kyk na die skade wat aangerig is.
Skade is aan die rugbyveld van Hoërskool Monument aangerig nadat vloedwater hier oorspoel het. Richardt Smit (16), Chalden du Toit (17), Marc Joseph (15) en Justin Joseph (18), almal leerlinge, kyk na die skade wat aangerig is.

“Die skool wil kyk of hulle nie toestemming kan kry om by Bob van Reenen-stadion te kan oefen nie.”

Daar is ook verneem dat verskeie muur-infrastruktuur by die skool meegegee het.

De Jager sê die reën wat in die skool se area uitgesak het nie so erg kon gewees het nie en skryf dit toe aan swak dreineringsinfrastruktuur.

“Ek dink daar moet daarna gekyk word.”

Die NUUS het selfs gehoor dat Laerskool Paardekraal onder water was, maar dr Hennie Bester, skoolhoof sê dat dit net ‘n paar klaskamers was.

“Alles is onder beheer en dit is glad nie waar dat ons leerlinge huistoe gestuur het nie, hier was wel ‘n paar bekommerde ouers.”

Hoërskool Monument in vloed

https://www.youtube.com/watch?v=CiBuxGffUac&feature=youtu.be

Verwante artikels:

• Monument Dam lanklaas so vol

 

Back to top button