Local newsNews

Spesiale bederf vir kinders

"Ons daag ander besighede, nie net in die omgewing nie, uit om ook so by hulle gemeenskappe betrokke te raak."

Die eienaars van Ebenhaeser Motors in Rustenburgweg het dit goed gedink om die minderbevoorregte kinders van Krugersdorp-Wes met ‘n pretdag te bederf.

Op hierdie besonderse koue Saterdag het André Bezuidenhout, DéMon Britz en Cesca Bezuidenhout die kinders bederf met speelgoed, klere, worsrolle en pret aktiwiteite. Die spannetjie het ook die ander besighede van Rustenburgweg, sowel as hulle kliënte uitgedaag om tot hierdie spesiale doel by te dra.

“Ons het besluit ons wil vir hierdie gemeenskap iets teruggee. Ons het kinders van kinderhuise, Laerskool Ebenhaeser en van die ouers wat ons besigheid ondersteun, genooi,” sê André.

André Bezuidenhout help om worsrolle uit te deel aan minderbevoorregte kinders van Krugersdorp-Wes.
André Bezuidenhout help om worsrolle uit te deel aan minderbevoorregte kinders van Krugersdorp-Wes.

Daar was ook ‘n fondsinsamling in die vorm van ‘n karwas gehou.

“Ons daag ander besighede, nie net in die omgewing nie, uit om ook so by hulle gemeenskappe betrokke te raak. Hierdie was ons eerste probeerslag en ons gaan dit beslis weer doen,” noem André.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button