GalleriesSchools galleries

Bastion-matrieks lui klok om totsiens te sê IN FOTO’S

Hoërskool Bastion se matriekgroep van 2020 het op Maandag, 2 November, na 11 jaar se harde werk plus een bitter harde jaar totsiens gesê aan hul medeskoliere en onderwysers tydens hul jaarlikse Kloklui-seremonie. Bastion het in 2018 hul eerste Kloklui-seremonie gehad as ‘n manier waarop die ander leerders hul matrieks op ‘n spesiale wyse kon groet sodat die hele skool kon deelneem aan hierdie tradisie. Opgewondenheid het onder die 108 matrieks geheers toe hulle elkeen die geleentheid gekry het om die klok te lui. Daarna het hulle hek toe gestap waar ‘n erewag van leerders hulle finaal gegroet het.

Back to top button