Local news

Vir groei en ‘n gesonder omgewing

Die burgerregte-organisasie AfriForum skenk swart kareebome aan vier plaaslike laerskole.

AfriForum se Krugersdorp-tak het onlangs kareebome aan talle plaaslike skole geskenk.

Volgens die burgerregte-organisasie se Krugersdorp-takvoorsitter, Jurie van Niekerk, simboliseer die inisiatief nie net die groei van kinders nie, maar bring dit ook hoop vir ‘n groener en gesonder omgewing.

Vanjaar is besluit om spesifiek swart kareebome te skenk en die vier skole wat die bome ontvang het is laerskole Muldersdrif, Protearif, Krugersdorp-Noord en Wes-Rand Skool.

“Dit was ’n groot voorreg om hierdie bome aan ons kinders te oorhandig en ons glo dit is ’n belangrike stap vir hul toekoms,” het Jurie bygevoeg.

“Ons wil baie dankie sê aan die skole wat ons so hartlik ontvang het. Julle gasvryheid was ongelooflik! Die kinders se entoesiasme was aansteeklik en het ons nog meer opgewonde gemaak oor die verskil wat hierdie bome in hul lewens gaan maak,” het Jurie afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button