Local news

Veterane hou suksesvolle gholfdag

Die Wes-Randse tak van die Militêre Veteranevereniging se jaarlikse gholfdag het weereens groot aftrek geniet.

Die Wes-Randse tak van die Militêre Veteranevereniging het in Augustus hul jaarlikse gholfdag by die Ruimsig Buiteklub gehou.

Volgens klublid Stephan Maasdorp word hierdie dag jaarliks gehou as deel van die klub se fondsinsamelingspogings om die waardevolle werk van die klub te kan voortsit.

“Die opkoms was baie goed,” sê Stephan. “Ons het 16 vierballe gehad wat vir ‘n heerlike dag gesorg het. Baie goeie gholf is op die dag deur die onderskeie spanne gespeel.

“Alle fondse wat ingesamel is word net so aangewend vir die ondersteuning van veterane en mense in nood.

“Hierdie hulp sluit mediese onkostes, voedsel, klere en ander behoeftes in.”

Volgens Stephan het Suid-Afrikaanse wêreldtitelhouer in gemengde gevegkuns, Dricus du Plessis, ‘n getekende Stillknocks hemp aan die vereniging geskenk om op die dag af te bie.

“Ons kon gelukkig ‘n baie goeie opbrengs uit die hemp maak,” voeg Stephan by.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button