Schools

Noordskool se hokkiekuikens vlieg hoog en wen twee ligas

Laerskool Krugersdorp-Noord kan spog met twee kampioenhokkiespanne in die distrik.

Twee hokkiespanne van Laerskool Krugersdorp-Noord is onlangs as ligawenners in die distrik gekroon.

Volgens Nories se hokkie-organiseerder, Chanél van Dyk, het hul o10- en o13A-dogtershokkiespanne met die Gauteng-Wes-ligatrofee weggestap terwyl hul o11A-dogtershokkiespan die naaswenners was.

“Noordskool is uiters trots op hierdie spanne wat ons in die liga verteenwoordig het,” het Chanél afgesluit.

Check Also
Close
Back to top button