Sport
Proties se o11A-hokkiebokkies is kampioene!
Laerskool Protearif se o11A-hokkiedogters is as die Wes-Gauteng ligawenners gekroon.
Laerskool Protearif se o11A-hokkiedogters is amptelik die kampioene van die D2 Gauteng-Wes Liga.
Proties hokkieafrigter, Tia Goosen, het gesê die titel is gewen ná ‘n spannende sege van 4–2 oor Laerskool Krugersdorp-Noord in die eindstryd wat by Hoërskool Monument plaasgevind het.
“Die telbord het eers 0-elk gelees en toe was daar ’n agt sekonde-uitspeeltyd waar ons vier doele teen twee aangeteken het,” vertel Tia opgewonde.
“Ons wens hierdie meisies geluk en alle voorspoed vir die toekoms. Ons is so trots op hulle.”