Local news

KYK: Groot brand en baie skade in Wieg van die Mensdom

'n Groot brand in die Wieg van die Mensdom saai verwoesting met skade wat meer as R2 miljoen beloop.

Op Maandag, 2 September het ‘n reuse brand verwoesting gesaai in die Wieg van die Mensdom.

Volgens Johan Schwartz, voorsitter van Muldersdrift se Brandbestrydingsvereniging, is daar verskriklike gevolge en verwoesting in die gebied en die skade beloop na raming minstens R2.1 miljoen.

“Ons vermoed die brand is gestig deur ‘n bakkie wat aan die brand geslaan het. Na ons wete is die motoris die enigste persoon wat beserings opgedoen het,” sê Schwartz.

Die Krugersdorp News sal ‘n opvolgartikel publiseer indien meer inligting na vore kom.

Back to top button