Sport

Nege Monumentare verteenwoordig Gauteng-netbalspan

Monnas is goed verteenwoordig in die onderskeie Gauteng-netbalspanne.

Hoƫrskool Monument spog met nege Gauteng-netbalspelers.

Volgens Erica Steyn, hoof van netbal by Monnas, is hulle die skool met die derde meeste Gauteng spelers. Die span bevat spelers van alle ouderdomme, waar Monnas spog met vier o15’s, (Sylah Wilson, Lenise Mouton, Fran Kamte, Mia Jager), vier o16’s, (Ruby Tanner, Unathi Mahlangu, Danelle Beylefeld, Imke Visser) en een o18-speler (Abigail van der Standt).

Unathi Mahlangu in aksie.

Volgens Suzaan Alberts, netbalbemarker by Monnas, werk die netbalstruktuur om te verkies word vir die span deur eerstens, deel te neem aan die distrikproewe.

In die proewe neem skole uit die hele D2 distrik deel. Hulle neem na dit aan die interdistrikproewe deel wat D2, D9 en D12 insluit. Volgende is dit die JOMO-proewe, wat spelers insluit wie almal aan die JOMO-liga deelgeneem het. Laastens is dit die Gautengprowe, waar al die verkose spelers van Gauteng deelneem.

Abigail van der Standt gedurende ‘n netbal wedstryd.

Daar was vir die o15’s en o16’s ‘n totaal van 30 spelers uit die provinsie gekies waar Monnas agt teenwoordigers het. In die o18-span is daar 24 spelers met een Monumentaar in hul midde.

“Ek is baie trots op ons spelers waar dit die eerste keer in ‘n lang ruk is waar ons so baie spelers in die Gautengspan het,” het Erica afgesluit.

Back to top button