Sport

Hop hop spinnekop die bal het in die net gehop!

Noordskool-leerder gaan in Junie aan die Delta-netbaltoernooi deelneem.

Juanell le Roux van Laerskool Krugersdorp-Noord is onlangs gekies om die Delta Gauteng netbalspan te verteenwoordig.

Van kleins af het Juanell ‘n netbal in haar hande. Die graad 7-leerder speel as doel vir die eerste span en het ‘n reuse passie vir die sport. Sy het natuurlik jaar na jaar haar vaardighede verbeter tot die ongelooflike speler wat sy vandag is.

Die Delta-toernooi waarin sy gaan deelneem is vir spelers van alle ouderdomme. Dit vind plaas by Hoërskool Dr EG Jansen van 16 –19 Junie.

“Nories staan bankvas agter Juanell en haar span en ons weet sommer dat dit baie goed sal gaan. Ons is baie trots op Juanell en haar prestasies,” het Quintin Botha, Noordskool-woordvoerder gesê.

Back to top button