Sport

Netbal-toekoms blink vir Nories se Kiara

Nories se Kiara van Eeden is onlangs gekies as lid van die o21 Suid-Afrikaanse-span wat volgende jaar tydens die Netbal Jeug Wêreldbeker in aksie sal wees.

Hoërskool Noordheuwel se Kiara van Eeden het nuwe hoogtes in haar netballoopbaan bereik.

Die 17-jarige, wat die Hillfox Hawks vir die afgelope agt jaar verteenwoordig, is onlangs gekies as lid van die o21 Suid-Afrikaanse-span wat volgende jaar tydens die Netbal Jeug Wêreldbeker in aksie sal wees. Die wêreldbeker sal volgende jaar in Gibraltar gedurende September plaasvind.

Kiara van Eeden in aksie vir haar skool. Foto ingestuur.

“Ek is baie opgewonde om my land te verteenwoordig. Ook, ek wil my afrigters, skool, vriende en gesin trots maak. Almal het ‘n groot rol gespeel in my sukses en hulle moedig my steeds aan,” het sy gesê.

Met haar voete plat op die aarde spreek Kiara se prestasies wel boekdele.

Sy draf ook ook tans uit vir Hoërskool Noordheuwel se eerste span en het sy boonop Suid-Afrika se o18 Fast Five-span tydens die Statebondspele in 2023 verteenwoordig. Boonop is sy beskou as een van die top 35 spelers in die o17 ouderdomsgroep in die land.

Kiara van Eeden in her Hillfox Hawks-klere. Foto ingestuur.

Alhoewel sy reeds talle bereik het op die netbalbaan sien sy nou uit om die res van die wêreld te wys wat in haar steek.

“My oefenskedule is propvol en dit hou my verskiklik besig na skool. Maar ek kom by als uit want die skool, my familie en vriende staan my by. Ek wil dus graag ander jongmense met dieselfde liefde in ‘n sport aanmoedig om nooit op te gee nie en altyd in jouself te glo, maak nie saak hoe moeilik die uitdaging is nie.”

Vir nou is Kiara vasbeslote om ‘n indruk te maak op skool en dan in universiteit voordat sy heeltemal professionele status bereik.

Kiara van Eeden in haar SA-klere. Foto ingestuur.

Haar familie, vriende en afrigters kon nie meer trots wees op haar nie en weet dat sy net suksesvol gaan wees in die toekoms.

“Kiara is al lank ‘n lid van ons [Hillfox Hawks] en sy gee altyd net haar beste. Wanneer sy op die baan is, loop haar passie oor. Sy is doelgerig en ons weet sy gaan suksesvol wees,” het Rene Blok, Hillfox Action Sports Arena se bestuurder gesê.

Back to top button