SportUpdate

Top 15: Monnas se atletiekspan gediskwalifiseer

Die Gautengse Onderwysdepartement bevestig aan die News dat Hoërskool Monument se atletiekspan gediskwalifiseer is na afloop van die Top 15-atletiekbyeenkoms aangebied deur Hoërskool Noordheuwel.

Die Gautengse Onderwysdepartement het bevestig dat Hoërskool Monument se atletiekspan gediskwalifiseer is na afloop van die Top 15-atletiekbyeenkoms aangebied deur Hoërskool Noordheuwel.

Die byeenkoms het op 7 Februarie plaasgevind en Monnas was een van meer as 50 deelnemende skole.

“Die departement kan bevestig dat Hoërskool Monument twee bona fide post-matrieks (o19-groep) ingeskryf het vir die atletiekbyeenkoms wat deur Hoërskool Noordheuwel aangebied was. Inligting tot ons beskikking toon dat die genoemde skool ongelukkig tydens die vergadering ingelig is dat die sitting wel nie post-matrieks as deel van ‘n span aanvaar nie en is dus gediskwalifiseer. Daar moet kennis geneem word dat hierdie ‘n vergadering was wat deur ‘n skool aangebied is en nie ‘n amptelike distrik of provinsiale vergadering was nie,” het Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement gesê.

• Lees ook: 11 nuwe rekords opgestel by Nories Top 15

Die News het intussen na Monnas se skoolhoof, Johann Calitz, uitgereik wie gesê het, “Ek kan slegs bevestig dat Monnas se atletiekspan as gevolg van ‘n tegniese punt gediskwalifiseer is by die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms. Ons volstaan hiermee en beskou die saak as afgehandel.”

Die Krugersdorp News het op 12 Februarie uitgereik na Noordheuwel waar hulle aangedui het dat hul geen verdere kommentaar wou lewer nie. Nog ‘n poging is op 15 Februarie aangewend en geen kommentaar is ontvang nie.

Back to top button