Schools

Noordskool verwelkom hul 2024 arendskuikens

Noordskool se nuwe groep graadeentjies vlieg soos arende noudat hulle in die grootskool is.

Laerskool Krugersdorp-Noord het verlede week hul nuwe klomp arendskuikens verwelkom.

Volgens departementshoof Quintin Botha was die eerste amptelike dag van grootskool baie spesiaal en is elkeen deur skoolhoof Charles Miller ingewag.

Ouers en hul graadeentjies word hartlik verwelkom by Noordskool.

“Die maatjies het reeds teen einde 2023 hul juffrou ontmoet en kon hulle op die eerste amptelike skooldag vanjaar sommer dadelik inval. Hulle is ook klasse toe vergesel waar hulle nuwe maatjies ontmoet het. Mammas en pappas was ook saam met hul kinders opgewonde en dit is duidelik met die oomblikke wat op kamera vasgevang is.

Noordskool het uit hul pad uit gegaan om elke graadeentjie tuis te laat voel.

“Noordskool wens elke nuwe Norie ‘n wonderlike laerskoolloopbaan toe by Noordskool.”

Mauritz saam met sy ma Amelia en pa Rod Ellis.
Die graad 1 skoolbank wat vir foto’s gebruik is.
‘n Norie-senior vergesel ‘n graadeentjie by Noordskool.

Check Also
Close
Back to top button