Schools

Maak jou huis ‘n tuiste sê Mullies hoof

So aan die begin van die feesseisoen het Mullies se hoof die dinge gedeel wat van 'n huis 'n tuiste maak.

As deel van sy boodskap aan sy leerders, onderwysers en gemeenskap hierdie feesseisoen, het Herman Byleveldt, hoof van Laerskool Muldersdrif vir Gilbert Rae aangehaal oor die dinge wat nodig is om ‘n tuiste te maak.

Vyf dinge is nodig om van ’n huis ’n tuiste te maak en moet in elke Christelike huisgesin wees:

1. Die argitek – integriteit
2. Die skoonmaker – netheid
3. Die verwarming – liefde
4.Die beligting – opgewektheid
5.Die ventilator – werksaamheid

“Ongeag waar jy betrokke is – jou beroep, skool, die gemeenskap, tuis, die boonste elemente is basies benodighede van jou omgewing. Die verskil tussen ’n huis en ’n tuiste is hemelsbreed.

“Dis heel waarskynlik nie altyd in die korrekte hoeveelhede teenwoordig nie of selfs totaal afwesig, dit lei tot ons daaglikse uitdagings.

“Die feestyd is ‘n onderbreking in die gewone take van elke dag. Moontlik nie ‘n vier weke vakansie nie, maar momente met herinneringe van dit wat verby is, die huidige realiteite en hoop op positiewe veranderinge en beterskap.

“Maar ons ‘huis’ kort ‘n sesde element – ’n Beskermde dak – God.

“Laerskool Muldersdrif wens elkeen ’n geseënde Kersfees toe, ’n voorspoedige nuwe jaar, ’n tydperk van barmhartigheid gevul met warmhartigheid en mag dit in onuitputbare hoeveelhede deel van almal se lewens wees vandag en die dag daarna.

“Alle eer aan Hom wat alles moontlik maak.”

Check Also
Close
Back to top button