Sport

Pret by jukskeiklub se afsluitingsfunksie

Die seisoen het met 'n pretdag en fondsinsameling tot 'n einde gekom.

Dit was pret en plesier onlangs toe die jukskeispelers van die Mogale City omgewing onlangs ‘n pretdag gehou het vir hul aflsluiting en prysuitdeling.

Louis de Jager van die Golden Age Village het vertel dat die pretdag en fondsinsameling op 11 November gehou was.

Gerhard Cilliers, Johan van Zyl, Wayne Smith en Henry Smith.

“Ons het motorfietsklubs gehad wat ons kom ondersteun het en daar was om en by 60 deelnemers op die dag.”

Nick van Riet.

Die lede het jukskei gespeel, ‘n eendloop-resies gehad, graspyle gespeel en ‘n sykousloop gehad. Dan kon hulle ook nog lekker kos by die verskeie stalletjies koop en sommer ‘n ietsie vir Kersfees ook.

Van die vroue by die pretdag.

Hul nuwe seisoen begin in Januarie 2024 en hulle oefen op Dinsdae en Donderdae om 15:00. Mense wat wil aansluit kan na die Krugersdorp Council for the Care of the Aged (KCCA) gaan. Kostes beloop R15 per maand of R150 per jaar.

Melissa en Daemon Venski.

“Die dag was ‘n groot sukses en almal het dit geniet. Volgende jaar sal ons ‘n groter area kry.”

Chris Swanepoel.

Die speler van die jaar vir die mans was Dries de Jager en Louis die vroue wenner.

Celeste Kahts.

Back to top button