Local news

Vrou al byna drie dae vermis

Die 39-jarige Leonie Eksteen is laaste by 'n plaaslike staatshospitaal gesien nadat hulle glo nie vir haar 'n bed beskikbaar gehad het nie.

Leonie Eksteen is al vir amper drie dae vermis en haar familie vra dringend hulp van die gemeenskap op haar op te spoor.

Eksteen is omstreeks 14:00 op 17 Oktober laaste gewaar. Sy was saam met haar familie by Leratong Hospitaal vir behandeling, maar het frustreerd geraak toe daar glo nie ‘n bed vir haar beskikbaar was nie. Sy het toe besluit om weg te loop en volgens haar familie het sy in Krugersdorp-Wes se rigting geloop want dit is ook glo waar sy bly.

Haar suster, Tiana Gerber, het die Krugersdorp News vertel dat sy niks by haar gehad het nie – nie eers ‘n selfoon nie.

Eksteen is 39 jaar oud, 1.7m lank en weeg omtrent 65kg. Sy het lang bruin hare en groen oë. Die laaste keer wat sy gesien is, het sy ‘n grys hemp, met ‘n pienk trui, donker broek en wit tekkies aangehad.

Die familie vra dat enigiemand met enige informasie vir Gerber by 072 733 8805 skakel.

Back to top button