LettersOpinion

OPINIE: Vertrou op God se tyd

'God sal op die REGTE TYD uitkoms vir jou gee' – pastoor.

• Kyle Tolman, Cross Connect Community Outreach (CCCO) se uitvoerende hoof en pastoor skryf:

Dit is moeilik om God se hand raak te sien as die storms van die lewe jou begin ruk. Wanneer jou planne uitgeput is. Wanneer jou woordeskat nie die omvang van jou omstandighede kan verduidelik nie. Wanneer alles net te veel raak.

Lees ook: OPINION: ‘God wants to help’

Daar was al talle kere in my lewe waar ek myself in onmoontlike situasies bevind het. Ek het gedink daar is geen uitweg nie en dat hierdie die einde is. Maar God maak altyd ‘n weg.

Dit is juis dan wanneer God van ons vra om Hom te vertrou.

Lees ook: LETTER: ‘God, you show me the chicken and I will catch it’

Jy mag jouself dalk nou in ‘n situasie bevind waar jy angstig, onseker, of bang is. Jy moet weet dat:

1) Jy is nie alleen nie! God is saam met jou en wil vir jou vertroosting bring deur sy gees.
2) Hierdie nie die einde is nie. God het jou so ver gebring, Hy gaan jou nie nou los nie.
3) Hy jou wil help. Vra vir sy Hulp.
4) Jy mag miskien nie nou weet hoekom jy deur die situasie gaan nie maar, God sien die groter prentjie en Hy maak al klaar vir jou ‘n weg.

As ‘n mens in ‘n donker tonnel loop dan gaan dit nie oor hoe ver jy al geloop het nie maar dat jy tree vir tree aan hou loop. God vra van jou om die pad te stap al is jou tonnel hoe donker. Jou lig aan die einde van die tonnel is op pad. God sal op die regte tyd uitkoms vir jou gee.

Aan die einde as jy terugkyk sal jy weet hoe die Here jou gedra en gehelp het. Moenie vergeet om dankie te sê nie. Die Here sal jou storie gebruik en jou lewe sal vir die wêreld ‘n getuienis wees van Sy goedheid.

Back to top button