Crime

Nege huisbrake in sewe dae in Mogale

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag het onthul dat daar 31 insidente gerapporteer is vir die tydperk van 27 Maart en 2 April. Nege hiervan was huisbraak.

EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het tussen 27 Maart en 2 April op 31 insidente gereageer – die meeste was vir huisbraak.

In totaal was daar nege huisbraak insidente, ses gevalle van saakbeskadiging, vyf diefstalsake, drie rooftogte, twee betredings en twee mediese gevalle aangemeld.

Lees ook: Two stores in Key West targeted simultaneously

Ander gevalle het poging tot huisbraak en poging tot voertuig diefstal ingesluit.

Op 28 Maart is daar ook ‘n saak van moord in Noordheuwel aangemeld.

Lees ook: Early-morning vehicle theft in Monument

Van die 31 sake het 11 by besighede plaasgevind, 18 by residensiële eiendomme en twee by skole. Die meeste insidente is op Vrydag, 31 Maart gebeur en 18 van die insidente het tussen middernag en middeldag plaasgevind.

Die meeste gevalle het ook in die Krugersdorp-middestad en Monument plaasgevind. Ander areas sluit onder andere Protearif, Noordheuwel, Tarlton en Krugersdorp-Noord in.

EPR Sekuriteit se volledige misdaadverslag.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button