Local sportSport

Een, twee, drie…. die Rooikatte ryg die medaljes in

Nadat hy sy eie skopboksklub oopgemaak het, het Sensei Cieslik vertel dat hy bitter opgewonde is vir wat voorlê.

Ses lede van die Ring Contact Fighting Art (RCFA) Sterkfontein Rooikat Fighters-klub het onlangs gewys wat toewyding, fokus en harde werk kan bring toe hulle Gauteng-kleure ontvang het.

Die span sal binnekort saam met die res van die Gauteng-skopboksspan aan die nasionale skopboks-kampioenskappe deelneem.

Lees ook: Is the toughest firefighter alive from Krugersdorp?

 

Sensei Jorgen Cieslik, wat vir jare deel was van die RCFA Skopboksklub in Kenmare het vertel dat hy sy gedeelte van die klub vir Sensei Frik en Annelie du Preez gegee het. Hy het toe in Januarie vanjaar sy eie skopboksklub oopgemaak. Beide hierdie klubs behoort aan die RCFA-organisasie.

Hy het verduidelik dat hy met die klub graag wil fokus op die vegters wat goed presteer. Met ‘n kleiner groep kan hy meer aandag aan die elke vegter gee. Behalwe vir skopboks oefen hulle ook lae skoppe en wapenvegkuns wat ‘batton’ geveg insluit.

Lees ook: MMA fighter PJ almost where he wants to be in his career

“Die klub is vir vegters wat goed presteer, ons vat dit net bietjie verder.”

Die ses vegters wat in die Gauteng skopboksklub is, is Michael Sonnendecker, Liam Koekemoer, Lian van Zyl, Sebastian Sonnendecker, Johan Styles en Dyllan Opperman. Agter staan Sensei Jakobus du Plessis en Sensei Jorgen Cieslik.

Dié taktiek het vrugte afgewerp vir al ses die klub se vegters wie se ouderdomme wissel tussen ses en 20 jaar. Die vegters is Michael Sonnendecker, Liam Koekemoer, Lian van Zyl, Sebastian Sonnendecker, Johan Styles en Dyllan Opperman.

Maar behalwe vir die vegters se prestasies is Sensei Cieslik ook gekies om die semi-kontak en millennium-vegter Gauteng-skopboksspan af te rig. Iets wat op sy eie vir die klub ‘n groot eer is. Die Gauteng-span van so om en by 35 vegters oefen elke Saterdagoggend van 09:00 tot 12:00 by die Danie van Zyl Sportsentrum in Newlands.

Vroeër vanjaar het RCFA Sterkfontein Rooikat Fighters ook in Lydenburg aan die Highveld at War kompetisie gaan deelneem. Daar het al ses die vegters goud ingepalm.

Die Rooikat-vegters het ook aan die wapengeveg kategorie deelgeneem waar nege lede teenmekaar te staan gekom het. Hier het die Rooikat-vegters eerste, tweede en derde plekke gevat.

Volgende gaan die skopboksers aan die All Out War-kompetisie in Potchefstroom deelneem op 15 April en dan gaan hulle saam met die res van die Gauteng-span aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem in Pretoria op 27 Mei.

Een van die skopboks ouers, Geraldine Sonnendecker, het aan die News verduidelik dat hierdie sport baie toewyding vat, nie net van die vegters nie maar ook van die ouers.

Sensei Cieslik het vertel dat hy baie opgewonde is vir die jaar wat voorlê en dat hy nog groot dinge sien kom vir die span en die vegters.

Michael Sonnendecker en Sebastiaan Sonnendecker wys hoe die vegkuns werk.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button