School sportSport

Mullies atlete pluk die vrugte

Laerskool Muldersdrift-atlete het hul staal gewys by die Gauteng Kampioenskappe en is nou oppad Suid-Afrikaanse Kampioenskappe toe.

Vyf Mullies atlete het onlangs bewys dat met harde werk en fokus sal mens die vrugte pluk.

Lees ook: Grey bo in Kennies se agterplaas

Mieke van der Merwe.
Jeorge Pretorius.

Nie net het hulle die podium plekke ingeryg by die Gauteng Skole-atletiekkampioenskappe nie maar hulle is ook oppad na Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskappe.

Lees ook: Eleven schools battle for Cluster 3A glory

Edward Harding.
Aldré Wohlfahrt.

By die Gauteng Skole-atletiekkampioenskappe het Mieke van der Merwe ‘n eerste plek by die o11 70m hekkies, ‘n tweede plek in die 100m en ‘n derde plek in verspring verower.

Aldré Wohlfahrt het by die seuns o12 spiesgooi ‘n tweede plek behaal en ‘n vierde plek by die 75m hekkies. Inge Grobbelaar het by die dogters o10 ‘n tweede plek in verspring gekry en Jeorge Pretorius het by die seuns o10 eerste in verspring gekom en ook eerste by die 70m hekkies. Edward Harding het derde gekom by die seuns o12 hoogspring.

Die atlete sal ook van 19 tot 21 Maart in Pietermaritzburg aan die SA’s deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button