Local newsLocal sportSport

Groot wen op hul eerste probeerslag

Spanne van die plaaslike aksiesport arena het met 'n goue en silwer medalje huistoe gekom nadat hulle vir die eerste keer aan die Gauteng Aksiekrieket kampioenskappe gaan deelneem het.

Twee aksiekrieket spanne van die Key West Action Sports Arena het onlangs naam gemaak in die provinsie toe hulle met een goue en een silwer medalje weggeloop het die eerste jaar wat hulle aan die Action Cricket Superleague deelgeneem het.

Die Key West Lions en die klub se o23-span het op 11 September in Zambezi gaan deelneem teen ander Gauteng aksiekrieketspanne om hulle staal te meet. Daar het die mans B-span met die goue medalje huistoe gegaan terwyl die o23’s vir hulself ‘n silwer medalje losgeslaan het.

Ongelukkig het hul bo 30 en bo 45 spanne wat ook gaan deelneem het, nie deurgedring na die semi-finaal toe nie.

Werner van Heerden van die arena het verduidelik dat hulle spelers uit verskillende van hul spanne gekies het om die vier spanne op te maak wat gaan deelneem het.

Die spanne het weekliks bymekaar gekom om te oefen en het dan aan twee wedstryde ‘n maand deelgeneem te voorbereiding vir die toernooi.

Werner het vertel dat aangesien hierdie hul eerste jaar was wat hulle deelgeneem het, beplan hulle om volgende jaar hul titel te verdedig en dan wil hulle ook graag ander spanne inskryf. Dalk ‘n gemengde- en ‘n damesspan.

Vir die res van die jaar gaan die spanne net weer op hul ligawedstryde fokus. Werner het vertel dat aksiekrieket ‘n vinnige en opwindende sport vir almal is.

“Die spanne het baie passie en vorm lewenslange vriendskappe,” het hy bygevoeg.

Calden de Jager reg om die bal te vang.
Justin Joseph, Brandon van der Merwe, Monty van der Merwe, JP van Rensburg en Calden de Jager. Agter is Gerbrand O’Kelly, Eric van Eck, Alwyn Vorster (afrigter), Zander Kloppers, Daniel Müller, Dean Hodgson en Francois Roux van die mans B-span wat goud gewen het.
Zander Kloppers van die o23 span in aksie.

 

Back to top button