School sportSport

Bastion-krieket smee internasionale bande

Hoërskool Bastion se seniorkrieketspan het die geleentheid gehad om teen Spartan Cricket Academy se toerspan te speel.

Hoërskool Bastion se seniorkrieketspan het op Vrydag, 9 September ‘n wedstryd teen Spartan Cricket Academy se toerspan van Jodhpur, Rajasthan in Indië op Bastion se krieketveld gespeel.

Die Spartan-toerspan besoek Suid-Afrika om teen ‘n verskeidenheid krieketspanne te speel en ondervinding op te doen.

Beide spanne het baie na die kragmeting uitgesien.

So het die spel verloop:

Wedstryd 1 – T20:
Bastion: 140/7 (20 boulbeurte)
Christiaan Harmse – 22 lopies van 15 balle
Jahnco Bekker – 19 lopies nie uit nie van 22 balle
Warren Scott – 17 lopies nie uit nie van 12 balle
Spartans: 114/10 (19.2 boulbeurte)
Duwandre Greyling neem 2 paaltjies vir 5 lopies
Christiaan Harmse neem 2 paaltjies vir 14 lopies
Warren Scott neem 2 paaltjies vir 18 lopies

Bastion wen met 26 lopies.

‘n Bastion-kolwer in aksie.

Wedstryd 2 – T20:
Spartans: 140/10 (20 boulbeurte)
Juan Venter neem 2 paaltjies vir 21 lopies
Bastion: 112/3 (15 boulbeurte)
Jahnco Bekker – 33 lopies van 26 balle
Duwandre Greyling – 22 lopies van 24 balle
Juan Venter – 19 lopies nie uit nie van 16 balle

Bastion wen met 12 lopies volgens die op D/L-metode weens swak lig.

‘n Bouler van die toerspan in aksie.

 

Juan Venter oorhandig ‘n Bastion-pet aan die Spartan-span se kaptein.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button