Local sportSport

Juniors regoor Wes-Rand meet kragte op rugbyveld

Agt klubs in die GLRU-streek met spelers van o.7 tot o.15 het kragte gemeet tydens 'n Jeugrugbydag wat Randfontein Rugbyklub aangebied het.

Randfontein Rugbyklub het die eer gehad om talle junior rugbyspelers van verskeie klubs in die Goue Leeus Rugbyunie- (GLRU-) streek tydens ‘n Jeugrugbydag op Saterdag, 20 Augustus te verwelkom.

Agt klubs – waarvan vyf aan die Wes-Rand is – met spelers van o.7 tot o.15 was die dag betrokke. Dié klubs is Randfontein Rugbyklub, Germiston Simmer, Krugersdorp Harlequins, Kagiso Rugby Club, Alex Wolves Rugby Club, Badgers Rugby Club, Roodepoort Rugby Club en Khosa Rugbyklub.

Lees ook: Waar die lus vir rugby begin

Voorsitter van Randfontein Rugbyklub se jeugafdeling en een van die organiseerders Riaan Eloff het vertel dat dit baie harde werk, ‘n klomp reëlings en laat nagte geverg het om die rugbydag te beplan, en dat almal wat betrokke was hulle goed van hul taak gekwyt het.

Keanu Erwee van Khosa hou ‘n oog oor die verdedigers.

“Dit was ‘n groot sukses, en mooi hardlooprugby is ten toon gestel. Die junior rugbyspelers het gewys waartoe hulle in staat is en het tydens die wedstryde te fraai gelyk op die velde waar hulle alles gegee het.

Die streek het hope talentvolle spelers vir die toekoms, iets waarop elke klub kan trots wees. Rugby was natuurlik die wenner en geen ernstige beserings is gedurende die wedstryde onder ons aandag gebring nie.

“Elke geregistreerde klub in die GLRU-streek kry ‘n kans om gasheer te speel gedurende die juniorklubrugbyseisoen. Op so ‘n dag speel verskeie klubs van regoor Gauteng teen mekaar waartydens die talent van toekomstige GLRU-spelers raakgesien word.”

Lees ook: Kleintjies beïndruk by Khosa-rugbydag

Riaan het vertel dat daar definitief weer so ‘n dag gehou sal word as hulle weer die geleentheid gegee word om dit aan te bied.

Liam Louwies van Khosa probeer deurbreek.

Die klub is besig om ‘n sewestoernooi te reël, en daar sal dus binnekort weer juniorklubrugby by die Greenhills Stadion aangebied word, dié keer in sewesformaat van o.7 tot o.18.

Ek wil net vir almal betrokke by die dag se reëlings, die toeskouers, klubs en hul spelers baie dankie sê dat hulle so ‘n groot sukses van die Jeugrugbydag gemaak het.”

Die dag se uitslae:

o.7:

Randfontein white 2 – 6 Roodepoort

Randfontein yellow 3 – 5 Krugersdorp

Randfontein white 8 – 1 Khosa

Randfontein green 0 – 7 Roodepoort

Randfontein yellow 0 – 9 Badgers

Randfontein green 3 – 2 Khoza

Randfontein yellow 1 – 6 Badgers

Randfontein mixed 5 – 1 Khoza

Arno Botha lê rieme neer.

o.8:

Randfontein 0 – 4 Khoza

Randfontein 1 – 10 Badgers

o.11:

Randfontein 7’s 14 – 21 Alex Wolves

Randfontein 15’s 0 – 26 Alex Wolves

Liam Louwies van Khosa hardloop doellyn toe.

o.10:

Randfontein 7’s 0 – 27 Krugersdorp/ Kagiso

Randfontein 15’s 0 – 25 Khosa

Randfontein 7’s 10 – 15 Khosa

o.13:

Randfontein 26 – 12 Krugersdorp Harlequins

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button