School sportSport

Monnas wen bulstryd teen HTS Middelburg

Byna al Monnas se rugbyspanne het met wegholoorwinnings teen HTS Middelburg gespog toe die twee bulskole mekaar in 'n ligastryd op 2 Augustus gepak het. Een span se telling was 98–0.

Monnas het gewys hulle is die groter en sterker bulle toe hulle en HTS Middelburg mekaar in ‘n langverwagte ligastryd op Dinsdag, 2 Augustus in Monument gepak het.

Die Wit Bulle het reeds al 10 hul kragmetings gewen. Boonop was nege uit die 10 wedstryde wegholoorwinnings vir Monnas wat 58–0 (o.16B), 74–0 (o.15B), 62–5 (o.14A), 55–0 (Vierdespan), 71–3 (o.15A), 57–3 (o.16A), 54–0 (Derdespan) en 78–19 (Eerstespan) insluit, terwyl die o.14B-span (98–0) met byna 100 punte geseëvier het.

Slegs Monnas se tweedespan moes harder werk vir ‘n oorwinning van 29–13.

Matthew van Deventer, ysterslot van Monnas se o.14A-span gaan oor vir sy drie.

Belinda du Toit, skoolwoordvoer-der, het verduidelik dat die stryd teen Middelburg, wat aanvanklik op 21 Mei sou plaasvind, een van die wedstryde is wat geherskeduleer moes word weens kommer oor Covid-19.

Tydens die kragmeting op 2 Augustus het Monnas nie teleurgestel nie en voortgebou op ‘n suksesvolle week nadat hulle ook Helpmekaar weg van die huis op Saterdag, 30 Julie gedomineer het. (Volledige uitslae heel onder.)

Wat Monnas se o.14’s aanbetref glo Wynand Moolman, een van die afrigters, dat die uitspele binne hulle bereik is. Die o.14A-span was nog onoorwonne in die Noordvaalbeker met twee wedstryde oor teen Menlopark (6 Aug) en Noordheuwel (13 Aug).

Jaydon Viljoen, heelagter van Monnas se o.14A-span korrel pale toe.

“Ons het vier o.14-spanne met puik afrigters en hulle uitslae spreek vanself. Ons glo dat ons die uitspele gaan haal en daarna die finaal. Enigiets is moontlik,” het hy vir die News vertel.

Die uitslag teen Menlopark was teen druktyd nog nie beskikbaar nie, maar Krugersdorp kan beslis solank gereed maak vir ‘n titaniese stryd tussen twee aartsvyande Monnas en Noordheuwel op Saterdag, 13 Augustus.

Die Krugersdorp Derby teen Noordheuwel gaan taai wees. Ons sien uit daarna!” het Wynand afgesluit.

Uitslae teen Helpmekaar:

• o.14C: Monnas wen 17–12
• o.14B: Monnas wen 40–28
• o.14A: Monnas wen 14–12
• o.15B: Monnas en Middelburg speel 14-elk gelykop
• o.15A: Monnas verloor 13–22
• o.16B: Monnas verloor 12–19
• o.16A: Monnas verloor 23–24
• Derdespan: Monnas verloor 17–20
• Tweedespan: Monnas wen 14–13
• Eerstespan: Monnas wen 34–12

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button