School sportSport

Talle Mullies presteer in verskeie sportsoorte

Mullies-leerders presteer op verskeie sportgebiede van netbal en hokkie tot tennis, gholf en rugby.

Laerskool Muldersdrif is trots op verskeie leerders se prestasies in netbal, tennis, hokkie, gholf en rugby.

Laerskool Muldersdrif se o.11-rugbyspan het deurgedring na die kwarteindstryd van die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) se liga vir laerskole. Voor is Tiaan du Toitn, Aldré Wolhlfahrt, Jean Lindeque, Be Vorster, Samuel Olivier, Reece Joubert en Stefan Grobler. In die middel is Edward Harding, Lian Janse van Rensburg, Malan Venter, Adrian Marx, Aiden Houston, Divan van der Merwe en Alex Jonker. Agter is Natahan Curle, Johan Venter, Luan Johannes en Rieco Coetzee.
Die o.9-rugbyspan van Laerskool Muldersdrif en die Goue Leeus Premierligawenners het elkeen ‘n T-hemp ontvang asook trofeë. Dit was die eerste keer in die skool se geskiedenis wat hulle die liga gewen het. Voor is Jeorge Pretorius (die spankaptein) saam met Springbok-legende en 2007 Wêreldbekerwenner Jacques Fourie. In die tweede ry is Waldo Roets, Ulrich Dannhauser, Jean Pretorius, Ruben Jansen van Rensburg, Franco Gibhard, Corné de Bruyn, Ruben Eunson, Mondli Khumalo, Sion Steenkamp en Vlake d
Vier seuns van Laerskool Muldersdrif is gekies om deel te wees van twee Wes-rugbyspanne. Hulle is Morgan Payne (o.12), Kevin Fraser (o.12), Andrew Moseki (o.13) en Ruard Swanepoel (o.13).
Die gholfspelers van Laerskool Muldersdrif gaan op 1 en 2 Augustus aan die Ernie Els Junior uitdaging in Oubaai deelneem. Voor is Juan Marais, Rayne Joubert, Wian Smuts en Schalk van Ettinger. Agter is Wikus Garnett-Bennett, Mathew du Toit en Shaun-Pierre Schoeman. Foto: Natasha Pretorius.
Vyf leerders van Laerskool Muldersdrif is onlangs gekies vir die onderskeie D2-hokkiespanne. Hulle is Karla van Lingen (o.13), Lene Eksteen (o.13), Morné Swart (o.13), Hugo van Staden (o.12) en Wynand Engelbrecht (o.13).
Jeorge Pretorius, kaptein van Laerskool Muldersdrif se o.9-rugbyspan saam met Springbok-legende en 2007 Wêreldbekerwenner, Jacques Fourie. Die span is ook Goue Leeus Premierliga-wenners. Foto: Natasha Pretorius.
Andrew Moseki en Ruard Swanepoel is albei gekies om deel te wees van die Goue Leeus se o.13-span. Dre Engelbrecht, wat ook gekies is, was afwesig tydens die foto.
Die o.13B-netbalspan van Laerskool Muldersdrif is Groep B-wenners van die Jomo-netbaltoernooi. Ruben Louw (afrigter) is hier voor saam met Leanie Heymans. In die middel is Catharine Coetzee en Sonja Nel. Agter is Caelee van Wyk, Denica Dannhauser en Madison Lombaard. Foto: Natasha Pretorius.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button