School sportSport

Moet nie die Witbulle afskryf nie

Die geskiedenis sê die Witbulle kan nie afgeskryf word nie al is hulle tans laer op die puntetabel as wat hulle graag sou wou wees.

Monnas is nog op koers in vanjaar se Noord-Vaal Beker-afdeling.

Veral die eerstespan en o.14A’s is kookwater in die liga en is tot dusver onoorwonne. Die geskiedenis sê die Witbulle kan nie afgeskryf word nie al is hulle tans laer op die puntetabel as wat hulle graag sou wou wees. Dit is maar net omdat ander opponente meer wedstryde gespeel het.

Belinda du Toit, skoolwoordvoerder, het verduidelik dat Monnas tot dusver net drie wedstryde teenoor die ander skole se vyf gespeel het. Daar is ook wedstryde geherskeduleer, in soos die geval teen HTS Middelburg wat op 21 Mei sou plaasvind maar waarskynlik eers na die Junie-vakansie beslis sal word.

Die meeste Monnas-spanne het op 7 Mei met Waterkloof kragte gemeet, maar die kragmetings tussen die 16A- en eerstespan is uitgestel weens Covid-19 bekommernisse. Die Witbulle het wel die kwartaal op ‘n hoë noot afgesluit deur Waterkloof uiteindelik op 15 Junie met 64–17 slae te gee. Die 16A’s het 38–31 gewen.

Vier dae tevore, op Saterdag, 11 Junie het Monnas vir Hoërskool Dr EG Jansen – ‘n ander topskool in die Noord-Vaal Beker-afdeling – nogal in Boksburg ‘n les geleer en ses uit die nege kragmetings gewen.

Conradt Sevenster, binnesenter van Monnas se eerstespan op die aanval. Foto: Marius Nortje.

Volledige uitslae teen Dr EG Jansen:
• o.14A: Monnas wen 22–0
• o.14B: Monnas wen 27–0
• o.15A: Dr EG Jansen wen 25–24
• o.15B: Monnas wen 82–0
• o.16A: Dr EG Jansen wen 34–10
• o.16B: Gelykop 14-elk
• Sables (Derdespan): Monnas wen 42–0
• Kwaggas (Tweedespan): Monnas wen 40–24
• Witbulle (Eerstespan): Monnas wen 43–26

Bepalings vir die res van die seisoen:
• 19 Julie – Monnas teen Pretoria Boys High (Vriendskaplik)
• 23 Julie – Monnas teen Marais Viljoen (Noord-Vaal Beker, weg)
• 30 Julie – Monnas teen Helpmekaar (Noord-Vaal Beker, weg)
• 6 Augustus – Monnas teen Menlopark (Noord-Vaal Beker, tuis)
• 13 Augustus – Monnas teen Noordheuwel (Noord-Vaal Beker, tuis)
• 20 Augustus – Semifinale (Noord-Vaal Beker)
• 27 Augustus – Eindstryd (Noord-Vaal Beker)
• Datum nog onbekend: Monnas teen HTS Middelburg (Noord-Vaal Beker)

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button