Volop Monnas in onderskeie Cravenweek-spanne
Hoërskool Monument spog met 'n totaal van 26 rugbyspelers en drie afrigters in vanjaar se GLRU Cravenweek-spanne wat ook Welpies-, Grant Khomo- en o/16 Akademiespanne insluit.
Hoërskool Monument bekend as die Witbulle spog met talle spelers asook afrigters in vanjaar se onderskeie Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) Cravenweek-, Welpies-, Grant Khomo- en o.16 Akademiespanne.
Belinda du Toit, Monnas-woordvoerder het gesê dat tien van die seuns in die Cravenweek A-span opgeneem is.
Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees. Twee Witbulle Old Boys se seuns het die A-span gehaal; geluk aan Roelf van der Westhuizen (pa van Ulrich) en Deon Groenewald (pa van Deon-Divan),” het sy gesê.
Hier volg ‘n lys van spelers en afrigters wat die onderskeie spanne gehaal het:
Afrigters:
• Jan van Rooyen – Cravenweek-kondisioneringsafrigter
• Tjaart van der Walt – Cravenweek-hoofafrigter
• Andries Botha – Afrigter van die o.18 Welpiespan
Spelers:
o.18 Akademie-spelers:
• Dylan de Klerk
• Marcey de Waal
o.18 Cravenweek-spelers:
• Deon-Divan Groenewald
• S’Fiso Magwaza
• Xander Schoeman
• Zain Henery
• Tylor Sefoor
• Ceano Everson
• Jody Schambreel
• Ulrich van der Westhuizen
• Morne Venter
• Jan Botes
o.16 Grant Khomo-spelers
• Junior van Wyngaardt
• Nathan Erasmus
o.16 Akademie-spelers
• Nicholas van der Colff
• Dewan Koen
• Jamaal Feldman
• Vaughn Gous
• Kiyan Pretorius
o.18 Welpies-spelers:
• Ryan Coetzee
• Migael Burger
• Christi Botes
• Kelvin van Wyk
• Tristan da Costa
• DA Swart
• Linda Ndaba