School sportSport

G’n keer aan Kennies-rugbymasjien nie

Kenmare-rugby is op 'n goeie plek. Vier spanne is onoorwonne op die stadium en spog die skool met 17 Goue Leeus-spelers.

Met vier van hul spanne tot dusver onoorwonne vanjaar is die Kennies-rugbymasjien onstuitbaar.

Met oorwinnings oor Helderkruin, Randhart, Fairland, Orion, Roodekrans en President Steyn het vyf van die skool se nege spanne skoonskip gemaak in die Goue Leeus Superliga en is reeds as kampioene gekroon.

Wat die o.10A’s, o.11-A’s en eersterugbyspan aanbetref is dit nie die einde van die pad nie. Hulle het ook die kans om ‘n titel te wen wanneer die halfeindstryde van die liga in Junie plaasvind.

“Dis ‘n ongelooflik goeie prestasie,” het Peter du Toit, Kennies-sporthoof gesê.

Hanno de Beer deur ‘n gaping.

Hy het bygevoeg die afrigters werk baie hard om die seuns op daardie vlak te kry en daar te hou.

Kenmare-rugby is baie gesond en iets waarop ons baie trots is,” het Peter gesê.

Die skool spog boonop met 17 Goue Leeus-spelers in die o.12- en o.13-ouderdomsgroepe.

Hulle is Wickus Marais, Jordan Coetzer, Jayden Lubbe, Dianco Boyens, Ben de Jager, Reinard Bell, De Waal Bekker, Alexander Leibrand, Henré de Bruin, Jayden Farlie en Jeandre Barnette (almal o.12’s); asook Caleb Henriques, Jayden Nel, LLewellyn Lourens, Martin Opperman, Ethan Kruger en Rikus Brink (almal o.13’s).

Jongste uitslae teen Laerskool President Steyn:

• o.9A: Kennies wen 31-7

• o.9B: Kennies wen 36-0

• o.10A: Kennies wen 26-7

• o.10B: Kennies wen 36-0

• o.11A: Kennies wen 32-7

• o.11B: Kennies wen 34-0

• Derdespan: Kennies wen 41-0

• Tweedespan: Kennies wen 42-0

• Eerstespan: Kennies wen 40-7

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button