EPR-sekuriteit het onlangs weer hul misdaadsyfers vir die tydperk tussen 11 en 17 April bekend gestel en in hierdie tyd het hulle op 22 klagtes gereageer.
Van hierdie 22 klagtes was agt vir diefstal, vyf vir huisbraak, drie vir roof, en twee vir saakbeskadiging. Daar was ook een geval elk van ‘n brand, poging tot huisbraak, bedrog en betreding.
Lees ook: EPR’s latest crime report reveals 22 incidents this past week
Meeste van die voorvalle het na 12:00 plaasgevind terwyl tien in die oggend voorgekom het.
Daar was 13 insidente by besighede en sewe by wonings in verskeie gebiede. Daar was ook een voorval by ‘n skool en een by ‘n substasie.
Die meeste voorvalle het in die Krugersdorp-middedorp plaasgevind, met sewe wat daar aangemeld is. Ander voorvalle het in Wentworthpark, Rant-en-Dal, Vlakplaas, Noordkruin, Roodepoort, Kenmare, Luipaardsvlei, Witpoortjie, Noordheuwel, West Village, Oaktree, Wolwekrans, Monument en Lewisham plaasgevind.